Ton Vosloo Aanhalings

Go to Gemtracks
Ton Vosloo Aanhalings: Afrikaners is hier nie weg te wens nie, en hoe meer daar taalmatig oor hulle gerol word, hoe stywer gaan hul rug word. Die korrekte benadering is tog sekerlik dat hulle ingenooi word om hul kundigheid tot die beskikking te stel van ons demokrasie, ook ter wille van die land se kommersiële opbou. -Ton Vosloo
Ton Vosloo Aanhalings: Dit is verskriklik belangrik dat ons altyd daardie reg voorbehou dat ons van mekaar moet, mag en kan verskil. Ons is nie hier om eensgesind te wees nie. Dit is stimulerend en dit is die dinge wat Afrikaans sal laat oorleef, as ons kan leer om te ontleer die ou kodes dat jy nie eintlik jou mond of jou bek te veel mag oopmaak nie. -Ton Vosloo