Volle Aanhalings

Go to Gemtracks
Volle Aanhalings: Die wêreldliteratuur is 'n volle orkes - nie 'n dun en eensame fluit nie. Elke taal, selfs die kleinste, is 'n aparte instrument met 'n eie timbre. Literatuur wat in hom volmaak uitgespreek is, word 'n onvervangbare verowering van die mens; gaan dit verlore, ly die hele mensdom skade. -N.P. van Wyk Louw
Volle Aanhalings: Die uitdaging van die Nuwe Patriotisme is nie een van 'n keuse tussen Afrikanerdom en Suid-Afrikanerskap nie. Inteendeel, dit is gewis oor die genesende versoening van Afrikaners met volle Suid-Afrikanerskap. -Nelson Mandela
Volle Aanhalings: Die toepassing van demokratiese beginsels is beperk. 'n Mens kan aan al die passasiers vra in watter treinwa hulle wil ry, maar dit is onmoontlik om hulle mening te vra of dit verkieslik is om die remme aan te slaan wanneer die trein op volle vaart op pad is om 'n ongeluk te maak. -Leon Trotsky
Volle Aanhalings: Afrikaans kan vitaal bly alleen solank hy die draer van ons volle noodlot, van ons wete-na-albei-kante-toe bly; solank hy konkreet en abstrak bly dink; solank as Europa en Afrika in hom lewe; Afrika wel, maar tog ook altyd Europa. -N.P. van Wyk Louw
Volle Aanhalings: In party opsigte is die lewe soos die Oranjerivier wanner hy in volle vloed verbyjaag. Hy is vol blikke en takke en goeters, daar's 'n dooie donkie in of 'n skaap of 'n aasvoël of 'n jakkals en dit stroom alles verby en die ou rivier bly geel en troebel en onstuimig. Maar die skrywer of digter neem 'n deel van daai stroom en hy verstil hom tot 'n poel wat kalm en helder en deurskynend is en wat die son en die hemel en die sterre weerkaats. -Uys Krige