N Digter Aanhalings

Go to Gemtracks
N Digter Aanhalings: die digter sal onvolmaak bly skryftot daardie dag van die leeu en die lamdie kat en die duif -Daniel Hugo
die-digter-sal-onvolmaak-bly-skryftot-daardie-dag-van-die-leeu-die-lamdie-kat-die-duif
N Digter Aanhalings: ...die digter is die man wat in die donker waters van die chaos duik om skoon en blink dinge daaruit te haal. -Marthinus Versfeld
die-digter-is-die-man-wat-in-die-donker-waters-van-die-chaos-duik-om-skoon-blink-dinge-daaruit-te-haal
N Digter Aanhalings: 'n Digter moenie lank tussen dieselfde mense woonmaar altyd afskeid neem van plekke en persoonsodat hy eensaam swerwend nuwe vergesigte sienen in sy swerflings suiwer die kuns kan dien. -D.J. Opperman
'n-digter-moenie-lank-tussen-dieselfde-mense-woonmaar-altyd-afskeid-neem-van-plekke-persoonsodat-hy-eensaam-swerwend-nuwe-vergesigte-sienen-in-sy
N Digter Aanhalings: Die digter moet soms na verskillende kante to skiet. Ander kere moet hy van alle skiet vergeet. Net werk en wees. -N.P. van Wyk Louw
die-digter-moet-soms-na-verskillende-kante-to-skiet-ander-kere-moet-hy-van-alle-skiet-vergeet-net-werk-wees
N Digter Aanhalings: Ek kan dit nie bekostig om Fracois Villon te laat hang nie. Daar is 'n honderduisend skurke soos hy in Frankryk, maar nie nog so 'n digter nie. -Lodewyk XI
ek-kan-dit-nie-bekostig-om-fracois-villon-te-laat-hang-nie-daar-is-'n-honderduisend-skurke-soos-hy-in-frankryk-maar-nie-nog-so-'n-digter-nie
N Digter Aanhalings: Die digter is ook 'n dief, hy steelvan elke liggaam en elke gesigen siel iets, van wie hulle nie heelen bymekaar hou nie roof hy iets vir 'n gedig. -T.T. Cloete
die-digter-is-ook-'n-dief-hy-steelvan-elke-liggaam-elke-gesigen-siel-iets-van-wie-hulle-nie-heelen-bymekaar-hou-nie-roof-hy-iets-vir-'n-gedig
N Digter Aanhalings: Die eensames voel nooit alleen in die wit broederskap van been,hier kan die digter sonder skroomhom blywend toespin in sy droom.Geen jaarlikse belastingheffingop hierdie langtermynbelegginggeagte leser, dié geleentheidbied hom slegs een keer in 'n leeftyd. -Elisabeth Eybers
N Digter Aanhalings: Ek kan dit nie bewys nie; ek weet nie of ander dit kan ontken nie, maar my indruk is dat die Afrikaanse skrywer en digter 'n baie groter invloed uitoefen op die denke van ons Afrikaanssprekendes as die Afrikaanse predikant. -Beyers Naudé
N Digter Aanhalings: daar is meer poësie in die sneeuvlokkieas in die letterkunde en baie meer poësiein die miskruier in die toktokkiein die meteorologie en entomologiein die moremis en in die bergpiekdie horison wat in die hemel wegraakin die rooswolk is daar baie meer liriekdie aarde is deur 'n digter gemaak -T.T. Cloete
N Digter Aanhalings: In party opsigte is die lewe soos die Oranjerivier wanner hy in volle vloed verbyjaag. Hy is vol blikke en takke en goeters, daar's 'n dooie donkie in of 'n skaap of 'n aasvoël of 'n jakkals en dit stroom alles verby en die ou rivier bly geel en troebel en onstuimig. Maar die skrywer of digter neem 'n deel van daai stroom en hy verstil hom tot 'n poel wat kalm en helder en deurskynend is en wat die son en die hemel en die sterre weerkaats. -Uys Krige
N Digter Aanhalings: As digter skryf ek 'n taal wat, gesien in die lig van wat alles aangespreek moet word, nie meer saak maak nie, binne 'n letterkunde waarvan die dak afgewaai het. Dit pla nie...Die wind is baie beter as die verstikkende noutes van die literêre politiek se gange. As joernalis kon ek uiteindelik net 'n oor vind in Engels, en die Afrikaanse deel van die nuwe, verfoeide SAUK. Buite die ghetto wat Afrikaans vir baie is, het jy met blydskap gespreksgenote gekry waarvan baie Afrikaans praat, waar ander weer 'n ma of Afrikaanse oupa het. As Suid-Afrikaner het ek vir die eerste keer vry gevoel om nou 'n eerbare bedeling vir myself en my gesin te begin. -Antjie Krog