Literêre Kroeggevegte Aanhalings

Go to Gemtracks
Literêre Kroeggevegte Aanhalings: Dis onvermydelik dat 'n boekeredakteur die een of ander tyd in die bloublasie van 'n skrywersego sal trap...Maar sonder 'n gespierde ego sou menige skrywer natuurlik lankal teen die grond gewees het in een van Afrikaans se literêre kroeggevegte. -Charles Fryer
Literêre Kroeggevegte Aanhalings: Letterkunde kan 'n groot invloed op die geloof en emosionele lewe van die individu uitoefen. Hoe geringer ons literêre ontwikkeling, hoe ontvankliker is ons vir die boodskap wat die stof, die onderwerp van die boek, vir ons het, afgesien van die estetiese aanwending daarvan. -Gerrit Dekker
Literêre Kroeggevegte Aanhalings: As digter skryf ek 'n taal wat, gesien in die lig van wat alles aangespreek moet word, nie meer saak maak nie, binne 'n letterkunde waarvan die dak afgewaai het. Dit pla nie...Die wind is baie beter as die verstikkende noutes van die literêre politiek se gange. As joernalis kon ek uiteindelik net 'n oor vind in Engels, en die Afrikaanse deel van die nuwe, verfoeide SAUK. Buite die ghetto wat Afrikaans vir baie is, het jy met blydskap gespreksgenote gekry waarvan baie Afrikaans praat, waar ander weer 'n ma of Afrikaanse oupa het. As Suid-Afrikaner het ek vir die eerste keer vry gevoel om nou 'n eerbare bedeling vir myself en my gesin te begin. -Antjie Krog