Gompotte En Ander Aanhalings

Go to Gemtracks
Gompotte En Ander Aanhalings: Beskawing staan op twee bene.Die een heet Dankie en die ander Ekskuus.En aan die manier waarop 'n volk(en 'n individu)
beskawing-staan-op-twee-benedie-een-heet-dankie-die-ander-ekskuusen-aan-die-manier-waarop-'n-volk-'n-individu-dankie-ekskuus-sêkan-sy
Gompotte En Ander Aanhalings: Doen jou eie werk. Dis verveliger om te wag solank as 'n ander jou ketel kook as wanneer jy hom self kook.Tog gaan dit gouer, wat hy is nie so spaarsaam met die hout nie. -C.J. Langenhoven
doen-jou-eie-werk-dis-verveliger-om-te-wag-solank-as-'n-ander-jou-ketel-kook-as-wanneer-jy-hom-self-kooktog-gaan-dit-gouer-wat-hy-is-nie-so
Gompotte En Ander Aanhalings: Dit is dikwels makliker om briesend te word oor 'n onreg wat aan die ander kant van die wêreld gebeur het as oor verdrukking en diskriminasie 'n halwe blok van die huis. -Carl T. Rowan
dit-is-dikwels-makliker-om-briesend-te-word-oor-'n-onreg-wat-aan-die-ander-kant-van-die-wêreld-gebeur-het-as-oor-verdrukking-diskriminasie-'n-halwe
Gompotte En Ander Aanhalings: Die partystelsel is uitgedien. Die demokratiese stelsel is verby. Meer as die helfte van die volke het dit reeds afgeskaf, en die ander is druk besig om dit te doen. In Suid-Afrika moet dit ook gebeur. -J.B.M. Hertzog
die-partystelsel-is-uitgedien-die-demokratiese-stelsel-is-verby-meer-as-die-helfte-van-die-volke-het-dit-reeds-afgeskaf-die-ander-is-druk-besig-om
Gompotte En Ander Aanhalings: Daar is geen edeler plesier as die intellektuele omgang met mense wat totaal anders dink as jy nie - wat ander dele van die eindelose rykdom van die waarheid tot hul besit gemaak het... -N.P. van Wyk Louw
daar-is-geen-edeler-plesier-as-die-intellektuele-omgang-met-mense-wat-totaal-anders-dink-as-jy-nie-wat-ander-dele-van-die-eindelose-rykdom-van-die
Gompotte En Ander Aanhalings: Dis onvermydelik dat 'n boekeredakteur die een of ander tyd in die bloublasie van 'n skrywersego sal trap...Maar sonder 'n gespierde ego sou menige skrywer natuurlik lankal teen die grond gewees het in een van Afrikaans se literêre kroeggevegte. -Charles Fryer
Gompotte En Ander Aanhalings: Die ondeug laat soos 'n sweer in die vleis berou in die siel agter, wat hom altyd laat oopskeur en bloei. Want die rede wis die ander droefhede en smarte uit, maar dit wek dié van berou steeds weer op. -Michel de Montaigne
Gompotte En Ander Aanhalings: Niemand gee voor dat demokrasie perfek is of alles in pag het nie. Daar is inderdaad gesê dat demokrasie die ergste vorm van regering is buiten al die ander regeringsvorms wat van tyd tot tyd beproef is. -Winston Churchill
Gompotte En Ander Aanhalings: Ek het baie paaie geloop op die ou wêreld en ek weet van meer wat ander mense probeer het; maar op die ou end weet ek nie van 'n ligter pad as die regte nie. -C.J. Langenhoven
ek-het-baie-paaie-geloop-op-die-wêreld-ek-weet-van-meer-wat-ander-mense-probeer-het-maar-op-die-end-weet-ek-nie-van-'n-ligter-pad-as-die-regte
Gompotte En Ander Aanhalings: 'n Mens bie in die begin omdat jy die artikel wil hê. Naderhand bie jy omdat die ander hom wil hê. -C.J. Langenhoven
'n-mens-bie-in-die-begin-omdat-jy-die-artikel-wil-hê-naderhand-bie-jy-omdat-die-ander-hom-wil-hê
Gompotte En Ander Aanhalings: Of die dood is 'n toestand van nikswees en totale onbewustheid, of, soos mense sê, is daar 'n verandering en migrasie van die siel van hierdie wêreld na 'n ander...As dit nou die aard van die dood is, sê ek om te sterf is om te wen; want die ewigheid is dan net 'n enkele nag. -Plato
Gompotte En Ander Aanhalings: Ek is gedwing om te glo dat die enigste hoop om geregtigheid vir die samelewing of die individu te verkry, geleë is in ware filosofie, en dat die mensdom geen ontsnapping van probleme sal hê totdat of werklike filosowe politieke mag verwerf, of politici deur een of ander wonderwerk filosowe word. -Plato
Gompotte En Ander Aanhalings: In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei. -C.J. Langenhoven
in-die-sweet-van-sy-aanskyn-eet-die-adamskind-sy-brood-in-die-sweet-van-'n-ander-se-aanskyn-sy-pastei
Gompotte En Ander Aanhalings: Vir my is die skryfkuns - en al die ander kunste - 'n poging om hierdie aardse bestaan te begryp en dan te verduidelik aan die ewemens, wat elk op sy eie manier soek om dit te begryp. Elke kunstenaar is in sy eie rigting 'n soeker en 'n verduideliker...Raak sien en met waarheid beskryf, dit is die essensiële. -M.E. Rothmann
Gompotte En Ander Aanhalings: Ek kan dit nie bewys nie; ek weet nie of ander dit kan ontken nie, maar my indruk is dat die Afrikaanse skrywer en digter 'n baie groter invloed uitoefen op die denke van ons Afrikaanssprekendes as die Afrikaanse predikant. -Beyers Naudé
Gompotte En Ander Aanhalings: God, gee ons die genade om met kalmte die dinge te aanvaar wat nie verander kan word nie, die moed om die dinge te verander wat behoort gewysig te word, en die wysheid om die een van die ander te onderskei. -Reinhold Niebuhr
Gompotte En Ander Aanhalings: Ek is 'n Afrikaan, maar 'n swart man, 'n afstammeling van slawe wat uit Afrika gebring is...As dinge anders was, kon ek een van hulle gewees het - of het een of ander onbekende lot my toegeval in een van die ontelbare, voortdurende burgeroorloë of stam botsings op hierdie brutale kontinent. En so bedank ek God dat my voorsaat daardie reis oorleef het...Praat met my oor Afrika en my swart wortels en my verwantskap met my Afrika-broers en ek sal dit in jou gesig teruggooi, en dan sal ek jou neus in die beelde van verrottende vleis invryf (van die slagoffers van die volksmoord op die Tutsi's of Rwanda)...Jammer, maar ek was daar. 'n AK-47 is teen my neus gedruk, ek het met panga-gewapende Hutu-stamlede gesels met die bloed van hul jongste slagoffers op hul T-hemde. Ek het 'n cholera-epidemie in Zaïre gesien, 'n hongersnood in Ethiopië, 'n burgeroorlog in Liberië. Ek het stede gesien wat tot feitlike rommel gebombardeer is, en ander stede afgetakel tot rommel, omdat hul leiers toegelaat het dat hulle verrot en verval terwyl hulle miljarde dollar - ja, miljarde - in oorsese bankrekenings weggesteek het...Dank God my voorsaat het uitgekom, omdat ek nou nie een van hulle is nie. -Keith B. Richburg
Gompotte En Ander Aanhalings: Dit sou skrikwekkend wees as 'n hele fase van die literatuur moet verbygaan waar geen seismografiese registrasie was van wat op die oppervlak van die volk aangaan nie. Betrokke literatuur is as sodanig nie beter of slegter as ander literatuur nie, en sal môre - of voor môre - uitvrek as dit nie meer as die passing show registreer nie. -André P. Brink
Gompotte En Ander Aanhalings: So noodsaaklik soos die bloedsomloop vir die liggaam is, so noodsaaklik is die sirkulasie van gedagtes vir 'n volk. Die sirkulasie van gedagtes; dis die vrye uitspreek van eie mening en die aandagtige luister na die mening van ander, sodat 'n wisselwerking ontstaan... -N.P. van Wyk Louw
Gompotte En Ander Aanhalings: Toe ek die tragedie by jou oorgeneem het, was hy in 'n treurige kondisie: die een vetlaag op die ander pleks van spiere. Vol geswolle woorde, rye rye blaasoppies. Ek het die hele klomp soustannies dadelik op 'n verslankingsdieet gesit: kleiner woorde, geen bombas of retoriek nie, verder 'n bietjie fyngekapte logika verdun met beetsap, die hele spul gefiltreer deur 'n bietjie beskaafde omgang en die spysvertering aangewakker deur 'n lewendiger, atletieser verspas.... -Aristophanes
Gompotte En Ander Aanhalings: Afrikaners (is) vandag kroes, kras en kordaat....Afrikanerwees is die laaste paar jaar kroes. Letterlik inmekaar gekrul, siek ,olik. Afrikaners is aan die rondmaal soos 'n klomp vasgekeerde skape...Dan is daar die hink-en-pink Afrikaners wat etikette om hulself hang: die ontnugterdes; die rigtingloses; die sinici; die magteloses; die bedruktes; die beswaardes; die afwagtendes wat wag op 'n kaptein wat weer hekke sal oopmaak...Afrikaners het kroes geword. Ander klein volkies is in hulle kroesheid uiteindelik uitgewis. -Willem de Klerk
Gompotte En Ander Aanhalings: Hier is die begin van 'n nuwe dag.God het aan my hierdie dag gegee om te gebruik soos ek wil.Ek kan dit vermors of groei in sy ligEn tot diens wees van ander.Maar wat ek met hierdie dag doen, is belangrikOmdat ek 'n dag van my lewe daarvoor geruil het.Wanneer more aanbreek,Sal vandag vir ewig verlore wees.Ek hoop dat ek nie die prys wat ek daarvoor betaal het, sal berou nie. -Unknown
Gompotte En Ander Aanhalings: Ons moet 'n beleid volg en 'n praktyk uitwerk wat die gemeenskaplike in ons samelewing bevorder en beskerm, en terselfdertyd dit wat waardevol is in ons diversiteit eerbiedig....'n
Gompotte En Ander Aanhalings: Staan by die man wat by die dag werk om te sien dat hy nie te stadig is nie, en by die man wat by die stuk werk om te sien dat hy nie te haastig is nie - of huur twee, een by die dag en een by die stuk, en laat die een die ander skaam maak. -C.J. Langenhoven
Gompotte En Ander Aanhalings: As digter skryf ek 'n taal wat, gesien in die lig van wat alles aangespreek moet word, nie meer saak maak nie, binne 'n letterkunde waarvan die dak afgewaai het. Dit pla nie...Die wind is baie beter as die verstikkende noutes van die literêre politiek se gange. As joernalis kon ek uiteindelik net 'n oor vind in Engels, en die Afrikaanse deel van die nuwe, verfoeide SAUK. Buite die ghetto wat Afrikaans vir baie is, het jy met blydskap gespreksgenote gekry waarvan baie Afrikaans praat, waar ander weer 'n ma of Afrikaanse oupa het. As Suid-Afrikaner het ek vir die eerste keer vry gevoel om nou 'n eerbare bedeling vir myself en my gesin te begin. -Antjie Krog