Daarsonder Gaan Aanhalings

Go to Gemtracks
Daarsonder Gaan Aanhalings: Die wêreldliteratuur is 'n volle orkes - nie 'n dun en eensame fluit nie. Elke taal, selfs die kleinste, is 'n aparte instrument met 'n eie timbre. Literatuur wat in hom volmaak uitgespreek is, word 'n onvervangbare verowering van die mens; gaan dit verlore, ly die hele mensdom skade. -N.P. van Wyk Louw
Daarsonder Gaan Aanhalings: Gaan tot die keper en skraapDie patina vir spore uit die KaapTot die waarheid duidelik boOp die rotse is van die Erongo.Seder die Rijger, Goede Hoop en DrommedarisBewaar julle valse stukke by die argivaris.In die wande ingegraveerIs ons baasskap verewig teen wind en weer. -P.J. Philander
Daarsonder Gaan Aanhalings: Om dood te gaan is geen kuns nie: die slegste kry dit reg. Om te lewe is 'n kuns: die beste kry dit nie goed reg nie. -C.J. Langenhoven
om-dood-te-gaan-is-geen-kuns-nie-die-slegste-kry-dit-reg-om-te-lewe-is-'n-kuns-die-beste-kry-dit-nie-goed-reg-nie
Daarsonder Gaan Aanhalings: Moenie by die hemel gaan soek na die engele nie, soek by die engele na die hemel. -C.J. Langenhoven
moenie-by-die-hemel-gaan-soek-na-die-engele-nie-soek-by-die-engele-na-die-hemel
Daarsonder Gaan Aanhalings: Wat ons, die Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika, nou ervaar, is 'n vorm van borrelsiekte. As jy skielik van onder af, waar jy lekker vasgesit het in die stelsel, uittop bokant die water, dan begin jou bloed borrel. Ons het nou borrelsiekte in daardie sin, en ons wonder wat gaan met ons aan. -Jannie Gagiano
Daarsonder Gaan Aanhalings: Hy wil baas wees op sy eie plaas. Hy wil regeer, al moet dit dan in 'n volkstaat wees. En hy soek, al is dit 'n sambreel of 'n speldekop, maar êrens gaan hy 'n baas wees. Sy taal wou hy nie deel met bruin nie; sy huis en toilet wou hy nie deel met swart nie. -Antjie Krog
Daarsonder Gaan Aanhalings: Afrikaners is hier nie weg te wens nie, en hoe meer daar taalmatig oor hulle gerol word, hoe stywer gaan hul rug word. Die korrekte benadering is tog sekerlik dat hulle ingenooi word om hul kundigheid tot die beskikking te stel van ons demokrasie, ook ter wille van die land se kommersiële opbou. -Ton Vosloo
Daarsonder Gaan Aanhalings: Ons moet 'n beleid volg en 'n praktyk uitwerk wat die gemeenskaplike in ons samelewing bevorder en beskerm, en terselfdertyd dit wat waardevol is in ons diversiteit eerbiedig....'n